Guterres verduidelik sy kommentaar oor Gaza

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hy is geskok oor die wanvoorstellings van die verklaring wat hy Dinsdag voor die Veiligheidsraad gelewer het. Hy sê in sy toespraak Hamas se aanvalle moet gesien word in die lig van dekades lange besetting van Palestynse mense. Israel se ambassadeur by die VN, Gilad Erdan, sê as gevolg van hierdie opmerkings sal hulle visums aan VN-verteenwoordigers weier. Guterres het verduidelik sy woorde het nie Hamas se terreurdade goedgepraat nie: