Guterres sê oliewinste is walglik

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê dit is oneties van olie- en gasmaatskappye om rekordwinste te maak uit die huidige energiekrisis wat deur die oorlog in Oekraïne veroorsaak word. BP is die jongste reus in die fossielbrandstofbedryf wat groot winste verklaar en onthul het hy het sy wins in vanjaar se tweede kwartaal verdriedubbel te midde van die hoë oliepryse. Guterres sê saam met die belasting-meevaller op buitensporige winste, moet regerings meer doen om die energie-aanvraag te bestuur en die oorskakeling na hernubare energiebronne versnel.