Guterres besoek Pakistan

Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres, sê hy is ontroer deur die vrygewigheid van die mense wat deur die oorstromings geraak is. Guterres het Pakistan die naweek besoek om solidariteit met die land te toon ná die verwoestende vloede. Guterres het die wêreld herinner besoedelingsvlakke in Pakistan is relatief laag maar die land is een van die lande wat die ergste deur klimaatsverandering geraak word. Guterres beskou die vloede as bewys van die toenemende intensiteit van klimaatsverandering.