Ontleder sê Swapo is in die moeilikheid

‘n Namibiese politieke ontleder sê Swapo is in die moeilikheid. Sy reaksie volg nadat die Namibiese eerste minister, Saara Kuugongwela-Amadhila, haar adjunk Netumbo Nandi-Ndaithwah, en kabinetsministers Frans Kapofi en Pohamba Shifeta bevestig is as die top-vier benoemdes wat deurdring na die November-kongres, waar hulle sal meeding om die gesogte posisie van Swapo se vise-president. President Hage Geingob het die uitslae tydens die Swapo sentrale komitee-vergadering bekend gemaak, nadat partylede gestem het vir die kandidate wat sal meeding vir die posisies van Swapo se vise-president, sekretaris-generaal en adjunk-sekretaris-generaal. Die bekende politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah het sy reaksie só aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.