Gustavo: Staat appelleer op 14 November

Die hoofregter, Peter Shivute het die datum vir die staat se appèl teen die toestaan van borg aan Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo op 14 November neergelê. Shivute het reeds in Julie vanjaar toestemming aan die aanklaer-generaal se kantoor gegee om te appelleer teen vrylating van Gustavo op 800 000 Namibiese dollar se borg. Regter Herman Oosthuizen het hom die borg in Desember verlede jaar, met streng voorwaardes toegestaan. Die staat meen dat die borgaansoek nie op nuwe feite gebring was nie en dus, moes borg weer geweier word, soos in die landdroshof. Gustavo is tot dusver die enigste beskuldigde in die groep wat borg gekry het.