Gustavo se aansoek eers môre, media kan beeldsend

Die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigde Ricardo Gustavo is vandag deur regter Herman Oosthuizen uitgestel tot môre. Volgens berigte was die prokureurs nie gereed nie en media moet ook weer aansoek doen om die verrigtinge regstreeks uit te saai. Die Namibian-dagblad het reeds toestemming verkry. Gustavo se mede-beskuldigdes se borgaansoek is Vrydag tot volgende jaar 24 Januarie uitgestel. In daardie saak het Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Otneel Shuudifonya, Pius Mwatelulo en Phillipus Mwapopi aansoek om borg gedoen voor regter Shafimana Ueitele.