Guptas sal sukkel-sukkel vasgetrek word

Reaksie word ontvang op berigte dat die Ahmed Kathrada-stigting vandag voor die Verenigde Arabiese Emirate se ambassade in Pretoria sal betoog om te eis dat die Guptas se uitlewering afgehandel word. Dit volg nadat die Emirate ‘n uitlewerings-ooreenkoms met Suid-Afrika bekragtig het. Die Nasionale Vervolgingsgesag het verlede week bevestig hy het Interpol genader vir hulp om ‘n inhegtenisnemingsbevel uit te voer sodat die Guptas na Suid-Afrika gedeporteer kan word. Die buurland se politieke ontleder Professor Andre Duvenhage sê die inhegtenisname van die Guptas sal baie moeilik wees.