Gueterres waarsku oor Covid en inentings

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, sê die wêreld behoort die teiken om 70 persent van mense in alle lande in te ent, teen die middel van die jaar te bereik. Hy sê dit is onverantwoordelik om aan te neem die Covid-19-pandemie is verby. Guterres het ook gewaarsku teen die ongelyke verspreiding van entstowwe en sê dit is ‘n direkte mislukking van beleid en begrotingsbesluite wat ryk lande bo die armes stel. Tot dusver was daar 446 miljoen bevestigde Covid-19-gevalle en 6 miljoen sterfgevalle is aangeteken.