Gryslys: Namibië is al voor Covid gewaarsku

Reaksie word ontvang op berigte dat Namibië ‘n jaar gegun is om uitdagings met sy wetgewing en oorsig oor geldwassery, befondsing van terrorisme en meer aan te spreek of, die Finansiële Aksie taakmag sal die land ook, nes Suid-Afrika, op ‘n gryslys plaas. Dit sal ‘n reuse-impak hê en sal onder andere, die huidige tekort aan beleggings vererger. Frederico Links, ‘n navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê daar was meer as genoeg tyd om die kwessies aan te spreek omdat owerhede voor Covid reeds gewaarsku is.