Aftreefonds sal later reageer op Amupanda se kommentaar oor boedels

Die Benchmark-aftreefonds het onderneem om later vandag te reageer op aantygings wat deur die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda gemaak is. Volgens hom, het die fonds Namfisa genader om pensioengeld, wat aan afgetredenes uitbetaal word, as deel van die boedel by te voeg sou die pensioenaris sterf. Dus meen Amupanda, word daardie fondse belasbaar en vorm ook deel van die totale boedel, wat beteken dit kan gebruik word om skuld te delg. Amupanda het ‘n breedvoerige video op Facebook gedeel waar hy die kern van die saak verduidelik.