Grusame babastorting in Swakopmund aangemeld

Babastortings word ‘n algemene verskynsel in die land en wek uiters groot kommer. Iemand wat in ‘n vullisblik na kos gesoek het in Daurebstraat in Tulinawa, Swakopmund, het ‘n grusame ontdekking gemaak. Die polisie sê die lyk van ‘n 4- tot 5-maande-oue fetus is in ‘n oënskynlik ontbinde toestand met sy kop afgekap in ‘n Pep plastieksak gevind. Die kop was in dieselfde sak. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie versoek enigiemand met inligting wat verband hou met die saak om hulle te kontak. ‘n Saak van verberging van geboorte, alternatief moord word ondersoek.