Augusta kan Tiger se laaste wees

Gholf-liefhebbers sien uit na die Meesters wat môre op Augusta begin. Spelers se name lees soos die konings van gholf en die vyfmalige wenner, Tiger Woods, wat saam met Viktor Hovland en Xander Schauffele in ‘n groep gedeel is, is ook daar. Maar, met die uitdagings wat hy in die onlangse tyd gehad het, sê Woods dit kan moontlik sy laaste wees.