Grootste ketamien-vonds ooit in Holland

Owerhede in Holland het die grootste vonds nog van ketamien gemaak met die straatwaarde op 55 miljoen euro of 1,1 miljard Namibiese dollar geskat. Ketamien word in narkose gebruik. Die vonds van 2 ton is net oos van Amsterdam in Muiderberg gemaak en ‘n 55 jarige man is gearresteer. Onder Nederlandse wette is ketamien nie onwettig nie, maar dit mag nie sonder registrasie verhandel of geberg word nie. Handel sonder registrasie het ‘n maksimum straf van ses jaar tronkstraf.