Peyper geloof vir sy bydrae tot rugby

Suid-Afrika se voorste skeidsregter, Jaco Peyper, het besluit om sy eie eindfluitjie te blaas. Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het na die aankondiging Peyper geloof as die beste ambassadeur vir Suid-Afrikaanse rugby die afgelope dekade. Die 43-jarige Peyper het die laaste van sy 67 toetse by verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi geblaas. Hy is sesde in die wêreld wat betref optrede by toetswedstryde. Peyper sê hy was bevoorreg om soveel jare by die spel betrokke te kon wees.