Grootfontein Boerevereniging sê veediefstal in die omgewing het verdubbel

Willem Enslin van die Grootfontein Boerevereniging is een van die 80 Noordeboere van Grootfontein, Kombat, Otavi, Tsumkwe en Tsumeb wat ‘n vergadering met die operasonionele polisiehoof van Nampol, generaal-majoor Joseph Shikongo, en ander polisiehoofde op Grootfontein bygewoon het. Enslin sê die vergadering was suksesvol, veral om veediefstal in die omgewing te takel. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Shikongo het gesê polisiebeamptes wat nie hul werk doen nie, sal uitgesorteer word.

Enslin het gesê veediefstal in die omgewing van Otavi het verdubbel. Hy sê in die Grootfontein-gebied vind veediefstal ook gereeld plaas.