Groot verskil tussen plaashek- en kleinhandelpryse van akkerbouprodukte

Gemiddelde plaashekpryse vir verskeie akkerbouprodukte het in September 2022 op ’n jaargrondslag met 4,6 persent gedaal volgens die jongste data beskikbaar van die Namibiese Akkerbouraad. Terselfdertyd het die gemiddelde kleinhandelpryse met 25 persent gestyg. Dit is ‘n duidelike aanduiding van ‘n toename in besigheidskoste aangesien brandstof, veral diesel, asook plastiek, verpakking en ander materiaal aansienlike prysstygings die afgelope maande ervaar het. Simonis Storm sê in sy landbouverslag van Oktober hulle glo dat ‘n misbruik van markkrag deur groothandelaars ook deels die groot prysverskille tussen plaashek- en kleinhandelpryse kan verklaar soos deur sommige boere aangedui is.