Groot toets vir die Eagles vandag

Namibië kom voor ‘n groot toets te staan wanneer die Eagles Nieu-Seeland vanmiddag om twaalf-uur in die T20-Wêreldbekertoernooi in Sharjah pak. Die Namibiërs het in hul vorige wedstryd teen Pakistan vasgeval ten spyte van ‘n moedige terugveg-poging en David Wiese se onoorwonne 43. Indië hoop om sy kanse in die toernooi lewend te hou wanneer hulle later vanmiddag in Dubai teen Skotland te staan kom. Indië het in sy eerste wedstryde teen Pakistan en Nieu-Seeland verloor, maar het Woensdag uiteindelik punte verdien met ‘n oorwinning oor Afghanistan in Abu Dhabi.