Groot sukses met Noordwes teenmisdaad-operasie

Die polisie in Noordwes het 877 verdagtes in die provinsie aangekeer tydens Operasie Veiliger Feestyd Shanela. Oortredings sluit in verkragting, aanranding, moord, motorkaping en meer. Vyf-en-twintig selfone is tydens die optrede gekonfiskeer, asook 14 vuurwapens en verskeie onwettige voorwerpe. Die woordvoerder van die SAPD, Aafje Botma, is vol lof vir die samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe en die gemeenskap: