Groot skade aan VSA-SA verhouding aangerig
Die joernalis en ontleder van buitelandse beleid, Peter Fabricius, sê daar kan tasbare gevolge vir Suid-Afrika wees indien bewys word hy het wapens aan Rusland voorsien. Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê hy is oortuig ‘n Russiese skip wat verlede Desember in Simonstad in Kaapstad vasgemeer het, het met ammunisie en wapens vertrek. Die Presidensie sê ‘n onafhanklike ondersoek na die bewerings sal ingestel word. Fabricius sê die bewerings kan die verhouding tussen die twee lande versuur: