Groot palmolie verskaffer boer blykbaar onwettig

‘n Verskaffer aan groot internasionale en bekende handelsmerke, boer onwettige met palmolie-plantasies op ontboste grond in een van die bes bewaarde gebiede van Peru se Amasone-reënwoud. Dit is volgens ‘n ondersoek deur die Omgewingsondersoekagentskap. Die Peru-gebaseerde verskaffer Ocho Sur en verwante maatskappye het meer as 130 vierkante kilometer in Peru se reënwoud ontbos, met die meeste van die vernietiging wat sedert 2012 plaasgevind het. Dit is ‘n gebied wat meer as twee keer groter is as Manhattan.