Groot oopsie met geringe spelfout

Miljoene Amerikaanse militêre e-posse is verkeerdelik aan Mali, ‘n Russiese bondgenoot, gestuur weens ‘n klein tikfout. E-posse wat vir die Amerikaanse weermag se “.mil”-domein bedoel is, word reeds vir jare na die Wes-Afrikaanse land gestuur wat eindig met die “.ml”-agtervoegsel. Van die e-posse het glo sensitiewe inligting soos wagwoorde, mediese rekords en die skedules van top-militêre beamptes bevat. Volgens die Financial Times, wat die storie die eerste keer berig het, het die Nederlandse internet-entrepreneur Johannes Zuurbier die probleem meer as tien jaar gelede geïdentifiseer toe hy die kontrak vir die bestuur van Mali se domein gekry het. Intussen sal Mali se militêre regering Maandag beheer oor die domein neem met Zuurbier se kontrak wat tot ‘n einde kom en daarom die rede tot kommer, veral omdat Mali noue bande met Rusland het.