Groot ontwikkelings aan die kus sal druk op paaie verhoog

Padvragvervoer sal na verwagting in die volgende jaar of twee skerp toeneem in Namibië, veral aan die kus. Die burgemeester van Arandis, Risto Kapenda, sê dat die ontginning van gips, wat in Julie vanjaar sal begin, nie net werksgeleenthede sal lewer nie maar ook vervoer sal ontwikkel. Die Namibiese groenhoutskool produksie-aanleg, ‘n belegging van België, wat in Augustus vanjaar ingehuldig word en na verwagting ongeveer 20 000 ton houtskool en 8 000 ton brikette per jaar sal produseer, sal ook vervoer moet word. Volgens Kapenda, sal al die projekte 4 860 vragmotors jaarliks na die gebied aan die kus lok. Terwyl dit geleenthede vir verskeie sektore bied, is daar uitdagings vir die instandhouding van paaie en daar is reeds deur die Padfonds-administrasie voorleggings gemaak vir tolhekke.