Groot ondersteuning vir die Clausthaler Finkenstein Trail Run

Die Clausthaler Finkenstein Trail Run was weer ‘n reuse-sukses. Die jaarlikse geleentheid word net oos van die hoofstad gehou en lê klem op gesondheid maar ook familiepret. Francois Steynberg, een van die organiseerders, sê groot pryse is vanjaar weggegee.