Freddy: Unicef Mosambiek hou asem op

Die Verenigde Nasies en sy humanitêre vennote in Mosambiek werk hard om die impak van Sikloon Freddy te hanteer. Freddy het op die land se kus toegeslaan as ‘n intense tropiese sikloon. Die sikloon het dié week weer Madagaskar getref en die dood van tien mense veroorsaak en duisende haweloos gelaat. In Mosambiek het Freddy vroeër ook tien mense gedood. ‘n Woordvoerder van Unicef Mosambiek, Guy Taylor, sê humanitêre hulp, wat mediese voorraad en kos insluit, is verskaf: