Groot ondersoek na 2 jaar se veediefstal

Die polisie in Kunene ondersoek ‘n saak van veediefstal wat twee jaar oud is en waar 20 bees betrokke is. Volgens berigte is owerhede ingelig dat ‘n boer in die Omusati-streek sedert 2019 gesteelde vee koop. Die Kunene se streeksbevelvoerder kommissaris James Nderura het bevestig dat drie stuks vee reeds teruggevind is. Daar word berig dat die boer speenkalwers aankoop en hulle dan brandmerk. Daar is nog geen arrestasies gemaak nie en die ondersoek duur voort. Die nuus kom nadat daar onlangs ‘n sindikaat in die Omaheke-streek oopgevlek is. Die sindikaat het gesteelde bees aan ‘n slaghuis in die hoofstad verkoop. Veediefstal is ‘n groot uitdaging regoor die land en die voormalige Khomas bevelvoerder Kommissaris Joseph Shikongo het onlangs met boere in die gebied daaroor vergader.