Groot netwerksessie in die hoostad volgende weekNovember 3, 2023

Die Africa Hospitality Investment Forum en AviaDev bied volgende week Dinsdag ‘n gesamentlike netwerksessie vir plaaslike belanghebbendes in die hoofstad aan. Die geleentheid vind in samewerking met die Namibiese Beleggingsbevordering en Ontwikkelingsraad en die Namibiese Lughawensmaatskappy plaas. Die hoofdoel is om die land se potensiaal om beleggers en bedryfsleiers te lok uit te brei. Woordvoerder by die Lughawensmaatskappy, Dan Kamati het met Kosmos 94.1 Nuus oor die geleentheid gesels.