Groot kommer oor landbou en SA se padinfrasktruktuur

Suid-Afrika kan nie praat van verhoogde landbouproduksie deur vennootskapsprogramme as uitdagings met infrastruktuur nie die middelpunt van enige groeiplan is nie. Dit is die mening van die Suid-Afrikaanse Landboubesigheidskamer se hoofekonoom, Wandile Sihlobo. Hy sê die verslegtende padinfrastruktuur verhoog gevestigde boere en landbou-ondernemings se vervoerkoste. Sihlobo sê as paaie beter onderhou word, sal die vervoerkoste van voedselprodukte van produksie tot verbruik verminder.