Groot kommer oor Gaza-pasiënte

Daar is internasionaal groot kommer oor die pasiënte in hospitale regoor Gaza maar veral ook die in Al-Shifa wat deurloop onder ‘n weermag operasie met Israel wat sê dit word as ‘n hoofkwartier vir Hamas gebruik. Die VN-noodlenigingskoördineerder, Martin Griffiths sê die situasie is ondraaglik.