Groot kommer omdat ANC steun verloor – Ramaphosa

Daar is groot kommer omdat die ANC steun verloor, sê President Cyril Ramaphosa. Volgens hom moet die ANC die beste van die samelewing na sy leierskapsposisies lok. Hy sê hulle moenie vir persoonlike gewin nie, maar in die beste belang van die mense optree. Die ANC-leierskap moet ook die diversiteit van die land se mense, ook vroue, weerspieël. Hulle moet ook in in voeling met die belange van die jeug bly, maar dit sal harde werk verg om daar te kom.