China pas nóg strenger aanlyn regulasies toe

China het begin om nuwe reëls toe te pas om aanlyn kommentaar te reguleer, wat ‘n verdere bedreiging inhou vir vryheid van uitdrukking. Owerhede sê die stap is om nasionale veiligheid te beskerm. Die Kuberruimte-administrasie van China het nou selfs strenger regulasies oor die beperking van aanlyn kommentaar opgestel wat gister in werking getree het. Mense wat “ernstig gediskrediteer” is deur hul boodskappe “sal op ‘n swartlys geplaas word” wat hulle sal verbied om verdere kommentaar te lewer, selfs met ‘n nuwe rekening. Alle gebruikers moet registreer met hul regte name en identiteitsnommers.