Groot koedoekoei loop glo rond in Centurion
Die Suid-Afrikaanse Natuurlewe-rehabilitasiesentrum in Gauteng het inwoners en motoriste in Mnandi, Centurion, in kennis gestel oor berigte van ‘n groot koedoe-koei wat los rondloop. Leanne Hezlett van die sentrum het inwoners versoek om die owerhede in kennis stel indien hul die dier gewaar. Gister het hulle ‘n jong koedoebul verdoof in die omgewing, maar hy het ongelukkig gevrek. Hezlett het ook gewaarsku daarteen om te probeer om die dier te vang, wat bang en aggressief is.