Groot hond – groot probleme

’n Trotse Roemeense honde-eienaar is gedwing om sy woonstel te verlaat nadat ’n hof beveel het dat sy mastiff uit die gebou verwyder moet word omdat sy gesnork die bure wakker hou.

Attila Varga en sy Napolitaanse mastiff genaamd Sumo het die woonstel in die sentrale dorp Cluj sonder weerstand verlaat, maar Varga het egter gesê hy sal appelleer teen die beslissing.

Bure het gesê wanneer Sumo snork, skud hul mure en dit aktiveer selfs die alarm stelsel.  

Varga het gesê sy twee-en-‘n-half-jarige mastiff het verskeie kompetisies gewen.

“Ons deel dieselfde bed en ek het so gewoond geraak daaraan (die gesnork) dat ek dit nie eers meer hoor nie.”