Groot brand by Summerdown, Steinhausen

‘n Brand wat laat gister naby Steinhausen net Suid van die C30 in die gebied van Stoetzer, Rogers en Riviera plase ontstaan het is uiteindelik onder beheer gebring maar die vuur het versprei na die noorde van die C30en dit brand tans op die plase Ada, Wunderland en Okapaue Ost en Wes, en Mpunzi. Die brand is baie groot en is sigbaar op Nasa se satellietbeeld. Berigte lui dat die gebied ook ‘n kragonderbreking ondervind wat kommunikasie bemoeilik. Daar is nog ‘n baie groot brand wat reeds eergister net Suid van Outjo ontstaan het maar dit is uiteindelik laat gisternag onder beheer gebring. Vyf plase het volgens berigte in die gebied afgebrand.