Groot Aub se inwoners hou tevergeefs ‘n vreedsame protesaksie

Die Plaaslike Ontwikkelingskomitee van die inwoners van Groot Aub wat vanoggend tevergeefs ‘n vreedsame protesaksie teen Stad Windhoek gehou het, sê die raadslede het nie opgedaag nie. Hulle wou ‘n petisie oorhandig, want die groep sê Groot Aub is nie gekonsulteer toe hy ingesluit is by Stad Windhoek nie, en meen dat daar geen voordeel vir die gemeenskap daarin is nie, omdat die Stad niks vir hulle doen nie. Roberto Dirkse, ‘n lid van die komitee het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê Groot Aub wil ‘n nedersetting wees en hulself onder die Khomas-streeksraad regeer.