Groot afwagting vir Coachella-fees

Lana Del Rey; Tyler, the Creator; en Doja Cat is bo-aan die lys kunstenaars vir die Coachella-musiekfees in April by die Empire-poloklub in Indio, Kalifornië, wat oor twee naweke strek. Die fees word vanjaar vir die 23ste keer gehou. Ander kunstenaars sluit in Jon Batiste, Peso Pluma, J Balvin, Ice Spice, Sublime en Lil Yachty. Gwen Stefani se ska-groep, No Doubt, sal ook as deel van die program vir die eerste keer sedert 2015 weer saam optree. Meer as 125 000 kaartjies per dag is reeds vir die Coachella-fees verkoop.