Groot aanvraag vir Covid-inentings

Asgevolg van die groot aanvraag na Covid-inentings, sal die volgende plekke in
Windhoek van nege uur vanoggend af tot vier uur vanmiddag oop wees vir
inentings: Katutura Staatshospitaal by die verpleegsterstehuis se saal,
Windhoek Sentrale hospitaal, die Otjomuise-kliniek, en by die Mix-nedersetting by
Brakwater. 85 539 mense is reeds teen Covid-19 ingeënt.’n Nuwe rekordgetal van 1
432 nuwe gevalle is intussen landwyd aangemeld.