Grondwet moet seëvier met selfdegeslaghuwelike – dr. Melber

Selfdegeslaghuwelike bly in die nuus nadat die kantoor van die prokureur-generaal sy reaksie gegee het op die hooggeregshof se uitspraak oor die erkenning van selfdegeslaghuwelike wat wettig buite Namibië gesluit is. Artikel 81 van die Grondwet bepaal dat ‘n beslissing van die hooggeregshof bindend sal wees op alle ander howe en persone in Namibië, tensy dit deur die hooggeregshof self omgekeer word, of weerspreek word deur ‘n parlementswet. Die bekende Namibiese politieke kommentator en navorsingsdirekteur by die Skandinawiese Nordic Africa Institute, dr. Henning Melber, het sy reaksie oor die omstrede kwessie gegee…

Hy hoop dat menseregte soos volgens die Grondwet sal seëvier.