Grondgrypers soek vir Job

Daar is ‘n groot polisie-teenwoordigheid net Wes van die hoofstad in die rigting van Daan Viljoen waar grondgrypers gister deur lede van die mag en die Spesiale Reserwemag verwyder is. Al die strukture wat opgerig is, is reeds deur owerhede afgebreek en kontrakteurs is besig om die materiaal weg te ry. Lede van die gemeenskap wat sê dat hulle nêrens heen het om te gaan nie, doen ‘n beroep op die Windhoek burgemeester, Job Amupanda om hulle by te staan. Hulle sê hulle het nie werk nie, so hulle kan nie huur betaal nie en dus, het hulle hulle eie stukkie grond nodig. Die hoof van die polisie luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga het die blaam vir die toenemende gryp van grond in die hoofstad by die deur van die Windhoek Stadsraad gelê. Hy het aan plaaslike media gesê raadslede kan nie ooreenkom nie en dit is hoekom die probleem bestaan.