Grondonteiening sonder vergoeding weer in die nuus in buurland

Die DA sê die ANC se plan om die 18de Grondwetlike Wysigingswetsontwerp in te dien om Artikel 25 van die buurland se Grondwet te wysig ten einde grondonteiening sonder vergoeding toe te laat, het in die eerste ronde skipbreuk gely. Opposisiepartye in die parlementêre ad hoc-komitee het geweier om die voorgestelde wysigings te ondersteun. Dit beteken die ANC gaan waarskynlik nie die twee-derde meerderheid kry wat nodig is om die wetsontwerp in die Parlement goed te keur nie. Die komitee het intussen besluit om ‘n hersiene 18de Grondwetlike Wysigingswetsontwerp vir openbare kommentaar te publiseer.