Grondhervorming-vertragings is ANC se eie skuld

Die ANC-regering se versuim om grondhervorming en die vennootskappe na te kom wat in die Nasionale Ontwikkelingsplan van 2012 in die vooruitsig gestel is, is groot struikelblokke om nuwe kommersiële swart boere in Suid-Afrika ‘n deurbraak te gee. Dit is volgens Wandile Sihlobo van die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika. Hy sê baie regeringsdepartemente op provinsiale en munisipale vlak is na jare van staatskaping ook slegter daaraan toe as in 2012. Sihlobo sê die regering moet dapper wees en die grond in sy besit aan swart Suid-Afrikaners gee met verhandelbare huurkontrakte of grondregte. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy reaksie so verwoord…