Grondhervorming se N$120m moet reg bestee word

Die Namibiese Minister van Landbou het net minder as 120 miljoen Namibiese doller bewillig vir grondhervorming. Die President van die Namibiese Landbou Unie Piet Gouws is van mening dat die geld genoeg is maar, dat dit sinvol aangewend moet word om reeds aangekoopte grond te rehabiliteer sodat produksie kan verbeter.