Grondbesit moet gewaarborg word

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein sê sekuriteit in verband met grondbesit is baie belangrik vir voortgesette landbouproduksie. Wanneer grondbesit nie gewaarborg is nie, word daar nie beleggings in die sektor gemaak nie en grond word ook nie ontwikkel nie. Schlettwein het weer sy standpunt oor billike toegang tot grond beklemtoon. Groot dele van die land word onder kommunale toestande geboer en hervestigde boere het ook nie eienaarskap van grond nie en kan dus ook nie toegang tot finansiering verseker nie.