ANC kry bystand om salarisse te betaal

Die ANC sê hy is bemoedig deur die reaksie sover op sy skarebefondsingsveldtog om personeel se salarisse te betaal. Die regerende party se werkers het verlede week aan ‘n protesoptog deelgeneem om hul salarisse te eis nadat sommige van hulle die afgelope twee maande nie betaal is nie. Die ANC-woordvoerder, Pule Mabe, sê die party se tesourier-generaal, Paul Mashatile, word sedert die eerste berigte oor die ANC se benarde finansiële posisie oorval deur lede en ondersteuners wat hulp aanbied. Hy sê hulle sal alle skenkings van 100 000 Suid-Afrikaanse rand en meer aan die Verkiesingskommissie verklaar.