Groenwaterstof-konferensie skop môre in Windhoek af

Die eerste Namibiese Groenwaterstof-konferensie skop môre in die hoofstad af en sal twee dae duur. Die konferensie sal internasionale kundiges en belanghebbendes in die veld van hernubare energie byeen bring om geleenthede in hierdie sektor te ondersoek. Namibiese eerste minister Saraa Kuugongelwa-Amadhila sal die gasspreker wees. Die konferensie sal regstreeks op verskeie platforms uitgesaai word. ‘n Lid van die span van organiseerders, Cons Karamata, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hoe waardevol die konferensie vir die Namibiese ekonomie is.