Groenskemas sal ‘geprivatiseer’ word

Die Namibiese minister van landbou Calle Schlettwein sê die Dubai 2020 Ekspo was hoogs suksesvol, veral met die beleggingsberaad wat gedurende die laaste week van die ses-maande lange geleentheid gehou is. Die regering het reeds verskeie versoeke vir voorleggings, veral vir die huur van groenskemas bekend gestel. Schlettwein sê alle beleggers, ook plaaslik, kan deelneem aan die geleenthede. Hy sê landbou het belegging en innovering nodig om te hervorm van ‘n reënval gebaseerde bedryf tot ‘n uitgebreide en intensiewe besproeiingsbedryf. Vaardighede is ook nodig. Landbou bly uiters belangrik vir die plaaslike ekonomie en het dra baie by aan die land se BBP.