Groen-waterstofstrategie bekendgestel

Die Namibiese regering het die bekendstelling van groen-waterstofprojekte, ter waarde van sowat 680 miljoen Namibiese dollar in samewerking met die Duitse regering aangekondig. Dit kom nadat President Hage Geingob en president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, ‘n verbintenis in Brussel aangegaan het. Die presidensiële ekonomiese adviseur en groen-waterstofkommissaris, James Mnyupe het met die media gepraat.