Groen-waterstofberaad begin vandag in Brussel

Die eerste EU-Namibië Besigheidsforum skop vandag in Brussel, België af. Die forum word gesamentlik deur die Europese Unie en die Namibiese Beleggingsbevorderingsraad aangebied. Die amptelike opening sal deur president Hage Geingob binnekort gedoen word. Kosmos 94.1 Nuus het met die Europese Unie in Namibië se kommunikasiebeampte, Twaku Kayofa, gesels.