Groen-waterstof: Kenners, belanghebbendes sal vergader

Namibië sal in Augustus vanjaar ‘n grootskaalse konferensie aanbied vir sleutelrolspelers in Namibië se groen waterstof bedrywe om menings uit te ruil oor die potensiaal, geleenthede en risiko’s van die vestiging van die bedryf. Die geleentheid word deur die Ekonomiese Vereniging van Namibië gereël in vennootskap met die Namibiese beleggingsraad en die Hanns Seidel-stigting. Met die aanstelling van ‘n voorkeurbieër om die land se eerste hoëkapasiteit-waterstofprojek in die Suide te ontwikkel, het Namibië die eerste stappe geneem om ‘n groen energie-kampioen te word.