Groen, sorglose opsie vir grassny
Werkers by ‘n sonkragplaas in Kosovo het moeg geraak om hul eie energie te gebruik deur die gras om hul 12 000 sonpanele te sny. Maar, mense kan mos ‘n plan maak en die groep het toe ‘n naburige boer genader om sy trop van 100 skape in te stuur. Die skape, met ‘n paar bokke by, wei twee keer ‘n week in die Rogane-sonkragplaas in die ooste van die land en hou die grassies mooi netjies onder en om die panele. Die buurman, die 72-jarige Rexhep Rrudhani, sê sy skape eet alle soorte gras en maak alles skoon. Dis ‘n wen-wen, vir almal – ook die omgewing.