Groen geboue bevoordeel ekonomie en klimaat

Die Stad Kaapstad sê sy webinaar om kennis oor groen geboue te deel, het die belangrikheid van sulke geboue beklemtoon om koolstofvrystellings en die uitwerking van klimaatsverandering te beperk. Tshwane se burgemeester, Randall Williams, sê dis belangrik dat plaaslike regerings leiding neem in die ontwikkeling van groen geboue. Sy woordvoerder, Sipho Stuurman, sê vandag se bespreking het betekenisvolle bydraes opgelewer.